Odensia is trots op elke onderwyser en leerder van ons skool 

 

LENTEDAG BY ODENSIA - SPRING DAY AT ODENSIA 2020
 
Van die Graad 1A leerders se skeur-en-plak-prentjies op Lentedag. Só trots op hulle!!!
 
Dit is altyd lekker om Lente dag so af te skop - die Odensia manier. 
 
 
 
 
 
 COVID 19 GEREEDHEID BY ODENSIA
 
Daar is baie regulasies wat nagekom moet word om 'n skool gereed te kry om seker te maak dat ons kinders weer onderrig kan ontvang!
 
Daar is baie hard beplan en gewerk om alles reg te kry. Alles moes oor beplan en bedink word, maar dit is alles die moeite werd, want ons kinders is ons toekoms.
 
Vir almal is dit 'n groot aanpassing. Dankie aan elke personeellid (kantoorpersoneel, terreinwerkers, assistente en onderwysers) van Odensia Primêre Skool vir julle positiewe gesindheid om die "ding" te laat werk. Die voorskrifte en opdragte verander binne oomblikke en julle hou koers!
 
Ek vertrou dat die ouers hul kinders met meer gemoedsrus skool toe sal stuur! Ons het gedoen wat ons kon!
 
Sterkte aan al die ouers en kinders!
 
Ons kan maar net alles in die hande van ons Hemelse Vader laat!
 
Groete 
Mnr Piet Odendaal 
 
 
 
 
 
 
Covid_Odensia